Georgie se Radio: Vertonings in November en Desember

Georgie dans en sing deur die strate terwyl hy na sy gunsteling musiek luister. Kyk, Georgie gaan kinders en ouers vermaak wanneer hulle om en die ander karakters van hierdie opkomende kindertoneelstuk sien hulle ding doen.

Opgewondenheid heers agter die gordyn van ons nuwe kinderteater toneelstuk, Georgie se Radio.
Ek kan julle verseker dat hierdie een ‘n vertoning is wat jy nie wil misloop nie.

Georgie se radio is daarop gemik dat ons almal iets by mekaar kan leer en ook dat ons elkeen daardie iets het wat ons uniek maak, ons eie ding!

Daar is nou ook ‘n derde vertoning in plek by die ATKV #Weesdieverskil-fees wat plaasvind 10h00 op 2 November 2024 by die Oorlogmuseum van Boerepubliek in Bloemfontein.

Op die 30ste November 2024 en 7 Desember 2024 om 10h00 op beide datums sal Georgie se Radio te sien wees by Doxa Deo Suid in Fichardtpark, Bloemfontein.  Kaartjies is R 50 pp

Vir meer ingligting  kontak vir Christi-Ann op e-pos vanzylchristiann@gmail.com

Kinderteater
Kinder vertonings in Bloemfontein
Schink Stories se storie, Georgie se Radio geskryf deur Martin Schwella is later vanjaar te siene op die verhoog in Bloemfontein.

Schink Stories